Sunday Times Books LIVE Community Sign up

Login to Sunday Times Books LIVE

Forgotten password?

Forgotten your password?

Enter your username or email address and we'll send you reset instructions

Sunday Times Books LIVE

UKZN Press

@ Sunday Times Books LIVE

Archive for the ‘Afrikaans’ Category

Afrikaans is one of the fastest growing languages in South Africa: Linguist Kerry Jones explains

Ju|’hoan Children’s Picture DictionaryKerry Jones, co-author of the award-winning Ju|’hoan Children’s Picture Dictionary, spoke to News24 recently, dispelling the notion that Afrikaans is an endangered language.

When asked, “Would you consider Afrikaans an endangered language?”, Jones has a firm answer at the ready:

Absolutely not. Absolutely not. If you look at the national census data you will will see that Afrikaans is one of the fastest growing languages in South Africa. It is one of our youngest, it’s around 300 years old, but it is one of the fastest growing languages. Not only as a mother tongue, but as an additional language. People are speaking Afrikaans as a lingua franca; it is used as a second, third and fourth language; it’s a language of employment; it’s a language of education; it’s also a language of media and literacy.

So it is by no stretch of the imagination disappearing and it spreads well beyond our borders. There are even large Afrikaans-speaking communities in Argentina and New Zeeland, so it’s definitely not only a South African flavour.

Jones, a linguistics specialist from African Tongue Professional Linguistic Consultancy, which specialises in minority African languages – especially Khoe and San – is currently working on a PHD in intergenerational language transfer. Watch the interview to see how she became interested in this topic and how she came to write Ju|’hoan Children’s Picture Dictionary:

YouTube Preview Image

 

Related links:

 

Book details


» read article

Kees van der Waal: “Die begrip transformasie is nie noodwendig positief nie”

Winelands, Wealth and WorkKees Van der Waal het onlangs met Naomi Meyer gesels oor Winelands, Wealth and Work: Transformations in the Dwars River Valley, Stellenbosch – die omgewing, die navorsing en die probleme wat deur hierdie seminale werk belig word.

“Die begrip transformasie is nie noodwendig positief nie, dit verwys in hierdie konteks na strukturele sosio-ekonomiese verandering. Die geskiedenis van die vallei dui daarop dat daar in elke generasie groot veranderinge plaasgevind het wat aanpassings geverg het. Die verskuiwing van landbou na eiendomsontwikkeling in die jongste tyd lewer miskien wel ’n geldelike wins vir ’n klein aantal eienaars en beleggers op, maar hou ook aansienlike nadele in vir die groot getalle mense wat oor generasies in die landbou betrokke was,” sê van der Waal. Hy vertel meer oor die temas wat in die boek aangeraak word, die moontlikhede (en struikelblokke) van transformasie en verduidelik waarom die gegewens in hierdie streekspesifieke boek relevant is tot die res van die land.

Lees die artikel:

Hoe affekteer hierdie studie/boek die res van die land, indien hoegenaamd?

Soos die vallei, is die hele Suid-Afrika in groot prosesse van sosio-ekonomiese transformasie betrokke met weinig duidelikheid oor die uiteinde van huidige prosesse en die politieke implikasies daarvan. Daar is oral vordering ná 1994 in terme van behuising, maatskaplike ondersteuning en dienste, maar die probleem van werkloosheid, spanning in arbeidsverhoudings en protes oor infrastruktuur is terselfdertyd algemeen in die land. Die uitdagings van werkskepping en onderwysverbetering is landwyd sleutelveranderlikes om die negatiewe gevolge van onderdrukking, onteiening, verdeeldheid en uitsluiting in terme van ras en kultuur aan te spreek. Groot ontwikkelingsdoelstellings en –planne is in plek, maar die globale kragte wat plaaslike vordering inhibeer is nasionaal en in die wynland dieselfde.

Boekbesonderhede


» read article

Potgooi: Andries Visagie gesels oor Antjie Krog: An Ethics of Body and Otherness

Antjie KrogAndries Visagie is die mede-samesteller van Antjie Krog: An Ethics of Body and Otherness, ’n boek wat kritiese reaksies op die werke van een van Suid-Afrika se mees prominente skrywers saamvat.

Ilse Salzwedel het onlangs met Visagie gesels oor hierdie publikasie op RSG se Skrywers en Boeke-program. Hy vertel hoe die projek ontstaan het, waarom Krog se werk so belangrik is in die Suid-Afrikaanse ouevre en hoe Antjie Krog: An Ethics of Body and Otherness saamgestel is. Hy noem dat die boek in Engels verskyn het omdat Coullie gevoel het Krog se werk is reeds breedvoerig in Afrikaans bespreek en dat hul hiermee die Engelse gemeenskap by die gesprek wou innooi.

Die onderhoud begin om 14:10. Luister na die potgooi:

Boekbesonderhede


» read article

Solms Delta, Winelands, Wealth and Work-gevallestudie, ’n voorbeeld van regverdige grondhervorming

Winelands, Wealth and WorkIn Winelands, Wealth and Work: Transformations in the Dwars River Valley, Stellenbosch, saamgestel deur CS van der Waal, word die enorme gaping tussen ryk en arm, en inisiatiewe om die gaping te oorbrug, beskou deur spesifiek te fokus op Solms Delta as gevallestudie.

Jan Gerber het onlangs op hierdie innoverende plaas gaan kuier om uit te vind waarom dié plek so spesiaal is. Hy haal Tony Ehrenreich aan en skryf, “Solms-Delta wys waar daar regverdige grondhervorming en werklike vennootskappe bevorder word, bevorder en versterk dit sosiale integrasie op plase.”

Lees die artikel:

“Dit was my droom om so ’n groot tuin te bestuur,” sê Johan O’Rayn (47) waar hy staan in ’n netjiese kruietuin op die plaas Solms-Delta buite Franschhoek.

Sy kruiepassie is gekweek toe hy jare gelede vir sy ouma en oumagrootjie, albei kruiedokters en vroedvroue, in die veld gaan plante uithaal het.

Hy het in 1987 van Ceres af by Solms-Delta aangekom en was aanvanklik met besproeiing doenig. Later het hy plante in potte gesit by die kwekery wat ’n vorige eienaar op die plaas gehad het.

Die plaas in 2002 deur die neurowetenskaplike prof. Mark Solms gekoop. Die Britse filantroop Richard Astor het ook ’n derde aandeel. Die ander derde behoort aan die Wijn de Caab-trust waarvan die plaas se sowat 130 werknemers en inwoners die begunstigdes is.

Boekbesonderhede


» read article

Video: Kees van der Waal gesels oor Winelands, Wealth and Work

Winelands, Wealth and Work“Dit is ‘n boek gefokus rondom die wynlande, spesifiek die Dwarsriviervallei, en die kontras tussen die rykdom van groot maatskappye en die werk en armoede van gewone mense, werkers, op die plase in hierdie gebied.” So verduidelik samesteller Kees van der Waal die inhoud van Winelands, Wealth and Work: Transformations in the Dwars River Valley, Stellenbosch.

Van der Waal het tydens die boekbekendstelling met Helené Prinsloo van Books LIVE gesels oor die projek, die relevansie van hierdie streeksgebonde studie tot die res van die land en die hoogtepunte van tien jaar se navorsing wat hierin vasgevang is.

“Ek dink die boek spreek op sy eie manier kwessies aan wat ook in die land as geheel plaasvind, byvoorbeeld die feit dat groot beloftes van ontwikkeling nie altyd kan realiseer nie en dat daar altyd mense is wat uitgesluit is uit ontwikkelingsprojekte; die feit dat daar groter ongelykheid in die land voorkom … Dit is van die goed wat ons in hierdie lokaal-toegespitsde bespreek wat ook implikasies het vir die res van die land,” sê Van der Waal.

Boekbesonderhede


» read article

Pieter van Zyl luister na Mbu Maloni se verhaal van ontbering en hoop

Nobody Will Ever Kill MeIn Nobody Will Ever Kill Me vertel Mbu Maloni hoe sy alkoholis-ma hom uit die huis gegooi het en hy as straatkind moes oorleef.

Toe hy by sy ouma wou gaan bly, het sy hom daarvan beskuldig dat hy ‘n seun gemolesteer het, en is hy 185 dae as verhoorafwagtende in die tronk aangehou.

Gelukkig is Maloni vrygeskeld en het hy uiteindelik ‘n tuiste by HOKISA (Home for Kids in South Africa) se kinderhuis in Masiphumelele gevind. Sy beste vriend het egter nie die lewe op straat oorleef nie. Hy is kort na Maloni se skuif na die kinderhuis vermoor.

Pieter van Zyl van Huisgenoot het die bekendstelling van Nobody Will Ever Kill Me in Kalkbaai bygewoon, waar die afgetrede sielkundeprofessor Andy Dawes gesê het Maloni se verhaal herinner aan die Dagboek van Anne Frank.

Mbu Maloni, skrywer van Nobody Will Ever Kill Me, in Huisgenoot

Mbu Maloni, skrywer van Nobody Will Ever Kill Me, in Huisgenoot 2

Boekbesonderhede


» read article